Timothy Swiel (* 4 Junie 1993 in Taunton, Engeland) is 'n Engelsgebore Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler. Hy speel tans op losskakel vir die Sharks in die Superrugbykompetisie en die Natal Haaie in die Curriebekerreeks.

Loopbaan Jeug Hy het die Westelike Provinsie verteenwoordig op o.16-vlak by die 2009 Grant Khomo-week en op o.18-vlak by die 2010 Academy Week en 2011 Cravenweek toernooi, wat gelei het tot sy insluiting in die SA Skolespan in 2011.

Hy het vir die Westelike Provinsie se o.21-span in die 2012 o.21-Curriebeker gespeel en sy puntetelling van 81 het hom gesamentlik sewende laat eindig. Hy het ook in die 2013 o.21-Curriebeker-kompetisie gespeel.

Westelike Provinsie Sy seniordebuut kom gedurende die 2013 Vodacombekerkompetisie, as 'n plaasvervanger vir die Westelike Provinsie in 'n 17-17 gelykopstryd teen die Boland Kavaliers in Ceres. Hy maak daarna nog sewe verskynings in die kompetisie.

Hy is daarna opgeneem in die Westelike Provinsie se Curriebekergroep vir die 2013 Premierliga Curriebekerkompetisie. Hy maak sy Curriebekerbuiging in die wedstryd teen die Goue Leeus, wat ook gelykop geëindig het met 31 elk.

Natal Sharks Aan die einde van die 2013-Premierliga Curriebekerseisoen sluit hy by die Sharks aan.

Eksterne skakels SA rugby profiel Tim Swiel by itsrugby.co.fr

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense