duimnael|links|100px|Die kloue van ’n Struthiomimus sedens.

Ornithomimosauria, of die ornitomimosouriërs ("voëlnabootser-akkedisse"), ook bekend as "volstruis-dinosourusse",British Museum (Natural History): Ostrich Dinosaurs was teropode-dinosourusse wat ’n effense ooreenkoms met die moderne volstruis getoon het. Hulle was vinnige omnivore of herbivore van Laurasië (nou Asië, Europa en Noord-Amerika) en Afrika uit die Kryt-periode.Sciencedirect.com Die groep het in die Vroeë Kryt hul verskyning gemaak en tot die Laat Kryt oorleef.

Beskrywing Die ornitomimosourusse se skedels was klein, met groot oë en relatief lang, slank nekke. Sommige primitiewe spesies het tande gehad, maar die meeste het tandlose snawels gehad.

Die voorpote was lank en slank en het kragtige kloue gehad. Die agterpote was lank en kragtig, met ’n lang voet en kort, sterk tone wat in hoefagtige kloue geëindig het. Hulle was moontlik van die vinnigste dinosourusse en nes ander selurosouriërs het hulle vere eerder as skubbe gehad.

Verwysings

Kategorie:Theropoda