Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1933 het op 17 Mei 1933 plaasgevind. Tydens die verkiesing is 150 verteenwoordigers vir die Volksraad van Suid-Afrika verkies. 'n Paar maande voor die verkiesing vorm die regerende Nasionale Party van generaal Barry Hertzog en die grootste opposisieparty, die Suid-Afrikaanse Party van generaal Jan Smuts, 'n koalisie. Hierdie koalisie verower uiteindelik 136 van die 150 setels. Na die verkiesing vorm Hertzog 'n kabinet wat uit lede van beide hierdie partye bestaan.

Afbakening van kiesafdelings Die Suid-Afrika-wet van 1909 maak voorsiening vir 'n Afbakeningskommissie om die grense van die kiesafdelings te definieer. Die verteenwoordiging per provinsie, onder die sesde verslag van 1932, word in die tabel hieronder uiteengesit. Die syfers in hakies is die aantal kiesafdelings in die vorige (1928) afbakening. As daar geen syfer tussen hakies is nie, het die aantal onveranderd gebly.South Africa 1982, bladsy 129

Provinsies Kaap Natal Oranje-Vrystaat Transvaal Totaal Kiesafdelings 61 (58) 16 (17) 16 (18) 57 (55) 150 (148)

Uitslag duimnael|links|Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1933-verkiesing Daar was 957 636 geregistreerde kiesers, meer as dubbeld in vergelyking met die vorige verkiesing, terwyl 323 417 mense uiteindelik gestem het (bedorwe stemme ingesluit).South Africa 1982, bladsy 176

Party SetelsSouth Africa 1982, bladsy 174 (setels per party) Setels % StemmeSouth Africa 1982, bladsy 176 (stemme per party) Stem % Leier Nasionale Party 75 50,00 101 159 31,61 J. B. M. Hertzog Suid-Afrikaanse Party 61 40,67 71 486 22,34 Jan Smuts Onafhanklikes 10 6,67 87 321 27,29 – Roos Party 2 1,33 27 441 8,58 Tielman Roos Arbeidersparty 2 1,33 20 276 6,34 Walter Madeley Home Rule Party – – 12 328 3,85 – Totaal 150

Verwysings

Kategorie:1933 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika