Vir die voormalige Schoemansdal in Limpopo, sien Schoemansdal

KaMatsamo, voorheen bekend as Schoemansdal, is 'n nedersetting in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Dit is 23 kilometer suid van Malalane geleë.

Gedurende die tydperk van afsonderlike ontwikkeling wat onder die apartheidsregering gegeld het, was Schoemansdal die hoofstad van die tuisland genaamd KaNgwane.

In November 2005 het die Suid-Afrikaanse regering aangekondig dat die dorp se naam verander word na Kamatsamo. Die nuwe naam is ter ere van prins Matsamo Shongwe.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga