500px|regs|duimnael|Nederlandse kaart wat die deelgebiede van Oekraïne aandui.

Oekraïne is in 24 oblaste en 'n stad met spesiale status onderverdeel.

Oblaste Meeste van die Oekraïense oblaste (vgl. provinsies) is na hul hoofstede vernoem. 'n Belangrike uitsondering hierop is die hoofstad Kijif, aangesien die stad nie deel van die Kijif-oblast is nie.

Charkif Cherson Chmelnitski Dnipropetrofsk Donetsk Iwano-FrankifskKijif Kirowohrad Lwif Loehansk Mikolajif OdessaPoltawa Riwne Soemi Ternopil Transkarpatië TsjerkasiTsjernihif Tsjerniftsi Winnitsja Wolhin Zaporizjzja Zjitomir

Stad met spesiale status Kijif is die land se hoofstad en het volgens Oekraïense wetgewing 'n spesiale status. Die stad is gevolglik nie deel van die Kijif-oblast nie. Sewastopol het ook 'n spesiale status gehad, omdat Rusland se Swartsee-vloot daar gestasioneer is, maar is op 18 Maart 2014 saam met die res van die Krim-skiereiland by Rusland ingelyf.

Outonome Republiek van Krim Die eertydse Outonome Republiek van Krim op die Krim-skiereiland word veral deur Russe en in 'n mindere mate deur Oekraïners en Krimtatare bewoon. Die Krim eis op 5 Mei 1992 selfbestuur op, maar word daarna as outonome republiek erken. Na 'n referendum op 16 Maart 2014 word die republiek deel van Rusland (hoewel baie lande dit nie amptelik erken nie) en is gevolglik nie meer deel van Oekraïne nie.

Kategorie:Geografie van Oekraïne