Dinosauriformes is ’n klade Archosauria-reptiele wat die dinosourusse en hul naaste verwante insluit. Alle lede van Dinosauriformes word deur sekere eienskappe gekenmerk, soos kort voorpote en ’n gedeeltelike of volledige gat in die heuppotjie – wat tradisioneel gebruik is om dinosourusse te definieer. Die oudste bekende lid is Asilisaurus, wat sowat 245 miljoen jaar gelede bestaan het in die Anisium-tydsnede van die Middel-Trias.
Die term "Dinosauriformes" is in 1992 gedefinieer deur F.E. Novas, wat dit gebruik het om die Herrerasauridae in te plaas omdat hy hulle nie as ware dinosourusse beskou het nie. Die meeste paleontoloë beskou egter sedert 1992 dié diere as ware dinosourusse, maar baie ander primitiewe, dinosourusagtige reptiele val binne die definisie van Dinosauriformes. Die klade val in die groter klade Dinosauromorpha.
Klassifikasie Die kladogram hier onder is volgens Nesbitt (2011):
Verwysings
Bronne Ezcurra, M.D. (2006). A review of the systematic position of the dinosauriform archosaur Eucoelophysis baldwini Sullivan & Lucas, 1999 from the Upper Triassic of New Mexico, USA. Geodiversitas, 28 (4): 649-684. Hutchinson, J.R. & Gatesy, S.M. (2000). Adductors, abductors, and the evolution of archosaur locomotion. Paleobiology 26 (4): 734-751 Novas, F.E. (1996). Dinosaur Monophyly. Journal of Vertebrate Paleontology 16 (4): 723-741. Sereno, P.C. and Arcucci, A.B. (1994). Dinosaur precursors from the Middle Triassic of Argentina: Lagerpeton chanarensis. Journal of Vertebrate Paleontology 13: 385-399.
Eksterne skakels PaleoWiki-inligting oor die takson Dinosauromorpha Inligting van "Paleontological Database" Inligting van "Thelescosaurus!"
Kategorie:Dinosourusse Kategorie:Reptiele