Keimond is 'n vakansiedorp geleë langs die monding van die Groot-Keirivier, 94 km noord-oos van Oos-Londen aan die Wildekus van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Die nedersetting van Keimond is deur die Britte geskep ná die 8ste Grensoorlog, as deel van die voorste linie van 'n buffersone wat gemik was op die beskerming van Brits-Kaffraria teen die strydende Xhosa-stamme.

In 1930 het Huberta, die bekende seekoei, haar in die Keirivier net bokant die derde grot tuisgemaak. Sy is uiteindelik verjaag en het haar reis na die suide voortgesit.

Sport duimnael|links|'n Duitse howitzerkanon waarop tydens die Eerste Wêreldoorlog in Suidwes-Afrika beslag gelê is, word in Grosvenorpark in Keimond uitgestal. Rolbal en gholf is gewilde tydverdrywe in Keimond. Die Keimond Buiteklub het 'n 12-putjie gholfbaan asook 'n rolbal- en muurbalbaan aangrensend aan die kampterrein.

Ander sportaktiwiteite sluit in bergfietsry, perdry en watersport soos swem, hengel, roei, seilplankry en seiljagvaart.

Toerisme Die ekonomie van Keimond draai hoofsaaklik om toerisme as gevolg van sy ligging op die suidelike ingang na die voormalige Transkei. Alhoewel baie van die inwoners afgetredenes is, word 'n beduidende deel van die behuising as vakansiehuise deur gesinne in die binneland besit. Daar is verskeie akkommodasiegeriewe, 'n munisipale kampterrein, twee restaurante en kroeë, twee klein supermarkte en 'n vulstasie.

Fotogalery

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap