Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1938 het op 18 Mei 1938 plaasgevind. Tydens die verkiesing is 150 verteenwoordigers vir die Volksraad van Suid-Afrika verkies. Dit was die laaste parlementsverkiesing voor die Tweede Wêreldoorlog. Die Verenigde Party van generaals Barry Hertzog en Jan Smuts behaal 'n absolute meerderheid. Na afloop van die verkiesing vorm Hertzog 'n nuwe kabinet.
Afbakening van kiesafdelings Die Suid-Afrika-wet van 1909 maak voorsiening vir 'n Afbakeningskommissie om die grense van die kiesafdelings te definieer. Die verteenwoordiging per provinsie, onder die sewende verslag van 1937, word in die tabel hieronder uiteengesit. Die syfers in hakies is die aantal kiesafdelings in die vorige (1932) afbakening. As daar geen syfer tussen hakies is nie, het die aantal onveranderd gebly.South Africa 1982, bladsy 129
Provinsies Kaap Natal Oranje-Vrystaat Transvaal Totaal Kiesafdelings 59 (61) 16 15 (16) 60 (57) 150
Uitslag duimnael|links|Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1938-verkiesing Daar was 1 052 652 geregistreerde kiesers, waarvan 835 378 mense uiteindelik gestem het (5 481 bedorwe stemme ingesluit).South Africa 1982, bladsy 176
Party SetelsSouth Africa 1982, bladsy 174 (setels per party) Setels % StemmeSouth Africa 1982, bladsy 176 (stemme per party) Stem % Leier Verenigde Party 111 74,00 446 032 53,81 Generaal J. B. M. Hertzog Gesuiwerde Nasionale Party 27 18,00 259 543 31,31 Dr D. F. Malan Dominiumparty 8 5,33 52 356 6,32 Kolonel C. F. Stallard Arbeidersparty 3 2,00 48 641 5,87 Walter Madeley Sosialistiese Party 1 0,67 4 963 0,60 – Onafhanklikes – – 17 362 2,09 – Totaal 150
Verwysings
Kategorie:1938 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika