Zaporizjzja-oblast (Oekraïens: Запорізька область; Russies: Запорожская область) is 'n oblast in suidoostelike Oekraïne. Die hoofstad en grootste stad van die oblast is Zaporizjzja. Hoewel Oekraïens die enigste amptelike taal in die oblast is, word Russies sedert 2012 as 'streektaal' erken. /www.kyivpost.com Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deels deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.

Demografie Tale (2001-sensus): Oekraïens (50,2%), Russies (48,2%), Bulgaars (0,5%). Etniese verdeling (2001-sensus): Oekraïners (70,8%), Russe (24,7%), Bulgare (1,4%).

Galery

Sien ook Deelgebiede van Oekraïne Federale deelgebiede van Rusland

Verwysings

Kategorie:Oblaste van Oekraïne Kategorie:Russiese oblaste