Simon Petrus Magakwe (* 14 Mei 1986, in Itsoseng, Bophuthatswana) is 'n Suid-Afrikaanse naelloper en die eerste Suid-Afrikaner wat die 100 meter-naelloop onder 10 sekondes kon aflê. In 2010 het hy in Nairobi aan die Afrikakampioenskappe deelgeneem en die bronsmedaje in beide die 100 en 200 meter naellope gewen. Op 12 April 2014 stel hy 'n Suid-Afrikaanse rekord van 9,98 sekondes tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe op en breek daarmee Johan Rossouw se rekord van 1988.

Medaljes +Internasionale medaljes Datum Kompetisie Plek Uitslag Item2010Afrika-kampioenskappeNairobi 3de100 m 3de200 m 1ste4 × 100 mKontinentale toernooiSplit 3de4 × 100 m2011UniversiadeSjenzhen 1ste4 × 100 m2012Afrika-kampioenskappePorto-Novo 1ste100 m 1ste4 × 100 m

Rekords +Persoonlike rekords Item Prestasie Plek Datum100 m9 s 98 (+ 1,4 m/s)Pretoria12 April 2014200 m20 s 23Potchefstroom17 April 2010

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse atletiekrekords

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense