Thyreophora ("pantserdraers", dikwels "gepantserde dinosourusse" genoem) was ’n subgroep van die ornitiskium-dinosourusse. Hulle was gepantserde, plantvretende diere wat van die Vroeë Jura tot aan die einde van die Kryt-periode bestaan het.
Hulle is gekenmerk deur skildagtige panters wat in longitudinale rye gerankskik was. Primitiewe vorme het plate, of osteoderma, gehad en die lateres ingewikkelder strukture, insluitende skerp punte en plate. Die meeste het ’n relatief klein brein vir hul liggaamsgrootte gehad.
Thyreophora sluit bekende superfamilies/subordes soos Ankylosauria en Stegosauria in, sowel as minder bekende groepe. In albei eersgenoemde groepe was die voorpote baie korter as die agterstes, en dit is veral opmerklik in die stegosouriërs. Die twee hoofgroepe van Ankylosauria is Ankylosauridae en Nodosauridae.
Klassifikasie Die volgende indeling volg hoofsaaklik dié van Butler et al., 2011, en Thompson et al., 2011.
Thyreophora Emausaurus Scutellosaurus ?Tatisaurus Thyreophoroidea Scelidosauridae ?Bienosaurus ?Lusitanosaurus Scelidosaurus Eurypoda Ankylosauria Ankylosauridae Nodosauridae Stegosauria Huayangosauridae Stegosauridae
Verwysings
Kategorie:Orde Ornithischia