China Southern Airlines duimnael|280px|'n Airbus A380 van China Southern Airlines. IATA: CZ ICAO: CSN Roepsein: CHINA SOUTHERN Slagspreuk: Fly your dreams Gestig: Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy Hoofkwartier: Guangzhou, Guangdong, Volksrepubliek China Hooflughawe: Beijing Capital Int. Lughawe President: Tan Wangeng Markkapitalisasie: VS$ 11 miljard (2010)IATA-persverklaring. URL besoek op 22 November 2014¥62,543 miljard RMB(2017) Werknemers 100 000 (2015-2016) Alliansie: SkyTeam Bestemmings: 216 Vloot: 657 (insluitend vrag) Webtuiste: http://us.csair.com/
China Southern Airlines is 'n lugredery met sy hoofkwartier in Baiyun-distrik, Guangzhou, Guandong-provinsie, Volksrepubliek China. Dit is die wêreld se sesde grootste lugredery gemeet aan passasiers vervoer en Asië se grootste lugredery in vlootgrootte en passasiers vervoer. Dit is die vierde grootste lugredery in die wêreld in binnelandse passasiersverkeer en die sesde grootste in geskeduleerde plaaslike passasierskilometers gevlieg. Sy belangrikste spille is op Guangzhou Baiyun Internasionale Lughawe en Beijing Capital Internasionale Lughawe. Die lugredery vlieg tans na 216 bestemmings met 'n vloot van meer as 650 vliegtuie.
China Southern Airlines is op 1 Julie 1988 gestig as gevolg van die herstrukturering van die Burgerlugvaartadministrasie van China. Sedertdien is dit oorgeneem en het ook saamgesmelt met 'n aantal plaaslike lugrederye, steeds as een van China se "Groot Drie" (naas Air China en China Eastern Airlines). China Southern Airlines is 'n lid van SkyTeam. Maatskappyprofiel: China Southern Airlines . Besoek op 15 Januarie 2011. Die redery se logo is 'n rooi kapokblom op 'n blou vertikale stertvin.
In 2012 het China Southern Airlines 86,5 miljoen plaaslike en internasionale passasiers vervoer met 'n gemiddelde laaifaktor van 81%.
Spilpunte Beijing Capital Internasionale Lughawe Chongqing Jiangbei Internasionale Lughawe Guangzhou Baiyun Internasionale Lughawe Ürümqi Diwopu Internasionale Lughawe
Verwysings
Kategorie:Chinese lugrederye