Theodor Seitz (12 September 1863 - 28 Maart 1949) was die laaste Goewerneur van Duits-Suidwes-Afrika. Hy is in Seckenheim, Duitsland gebore. Nadat hy aangesluit het by koloniale diens word hy in 1895 distriksbeampte in die Kameroen. In 1900 word hy aangestel in die Departement Kolonies in Berlyn en in 1907 as Goewerneur van Kameroen. In 1910 word hy Goewerneur van Duits-Suidwes-Afrika tot 1915 met die oorgawe aan die Suid-Afrikaanse magte by Khorab.
Sien ook Lys van Goewerneurs van Suidwes-Afrika
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika; Eric Rosenthal; 1967
Eksterne skakels
Kategorie:Duitse goewerneurs Kategorie:Geskiedenis van Namibië Kategorie:Geboortes in 1863 Kategorie:Sterftes in 1949