duimnael|280px|El Al Boeing 737-8HX

El Al Israel Airlines Ltd (IATA: LY, ICAO: ELY), wat handel dryf as El Al ("To The Skies" of "Skywards"), is die vlagskip-lugredery van Israel. Die hoofkantoor is op Ben Gurion Internasionale Lughawe naby Tel Aviv.

El Al bedien slegs kosjermaaltye en vervoer geen passasiers op sabbat (Saterdag) en Joodse godsdienstige feesdae nie.

Geskiedenis El Al is aan die einde van 1948 gestig, pas na die oprigting van die staat Israel. El Al was aanvanklik geheel en al in staatsbesit, maar vanaf 12 Junie 2003 word aandele ook op die beurs van Tel Aviv verhandel. Sedert 1 Januarie 2005 is El Al 'n privaatmaatskappy.

duimnael|280px|'n Boeing 747-200 in die ou kleurskema land op Lughawe Londen-Heathrow, Londen Veiligheid Die lugredery is bekend vir sy uitgebreide sekuriteitskontroles op passasiers en vliegtuie. Die inweegtoonbank by Schiphol is byvoorbeeld heeltemal afgeskerm. Minstens vier gewapende wagte is teenwoordig op elke vlug, beide binnelands en internasionaal. Hulle word op strategiese plekke op die vliegtuig geplaas, soos nooduitgange of naby kajuitdeure, om 'n moontlike kaping te voorkom.

Volgens El Al het dit ’n missielverdedigingstelsel op elke vliegtuig geplaas wat kan veroorsaak dat oppervlak-tot-lug-missiele van koers verander. So 'n stelsel kos sowat 38 miljoen dollar elk. Die nodige veiligheidsbeleid is een van die redes waarom 'n vliegkaartjie van El Al duurder is as by ander lugrederye.

El Al Cargo Die vragdraer van die maatskappy word El Al Cargo genoem. Dit het tot 2008 'n tak by Schiphol-lughawe in Nederland gehad. Daardie jaar is hierdie tak verskuif na Luik Lughawe, 'n groot vraglughawe in België. Schiphol sou te duur geword het vir El Al Cargo, deels weens streng regulasies.

Kodedeelooreenkomste

El Al kodedeel met die volgende rederye:

Aerolíneas Argentinas Aeroméxico Air China Air Serbia Alaska Airlines American Airlines Ethiopian Airlines Etihad Airways Gulf Air Hong Kong Airlines Iberia jetBlue Kenya Airways LATAM Brasil LOT Polish Airlines Qantas Swiss International Air Lines TAP Air Portugal Thai Airways Vietnam Airlines

Verwysings

Kategorie:Ekonomie van Israel Kategorie:Vervoer in Israel Kategorie:Lugrederye