George Labram (1859 - 9 Februarie 1900) was 'n Amerikaanse ingenieur. Hy kom in 1894 in Suid-Afrika aan en word op 8 Oktober 1896 aangestel as die hoof van meganiese ingenieurswese vir De Beers Consolidated Mines. Hy en F.B. Kirsten ontwerp die ghriestafel wat diamante opvang tydens die sorteringsproses. Tydens die Beleg van Kimberley het Labram die Long Cecil gebou. Hy sterf na 'n voltreffer van die Boere.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Eksterne skakels
Kategorie:Kimberley Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1859 Kategorie:Sterftes in 1900