Robert George Kekewich (1854 - 1914) was 'n Generaal-Majoor in die Britse Leër. Hy is in Devonshire gebore en ontvang sy opleiding in Marlborough. Hy sluit in 1874 by die leër aan en doen vervolgens diens in Egipte, Maleia en die Soedan. Kekewich word daarna in Suid-Afrika gestasioneer toe die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek. Hy was in bevel van die troepe tydens die Beleg van Kimberley. Hy en Cecil John Rhodes het ernstige meningsverskille gehad oor die verdediging van die burgerlikes. Nadat Kimberley ontset word, word kolonel Kekewich tot generaal-majoor bevorder. Hy is in 1914 oorlede.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Britse militariste Kategorie:Britte in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Generaals Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Kimberley Kategorie:Geboortes in 1854 Kategorie:Sterftes in 1914