duimnael|Voorblad van 'n Duitse bloemlesing.

'n Bloemlesing is 'n publikasie wat 'n versameling literêre werke van 'n skrywer of skrywers bevat. 'n Bloemlesing kan stukke van die beste skrywers bevat, of die beste stukke van 'n spesifieke skrywer. Dit kan 'n versameling van gedigte, kortverhale, toneelstukke, liedjies of uittreksels wees.

Die woord "bloemlesing" is afgelei van die Grieks woord ἀνθολογία ('n versameling blomme). Die skrywes word hier met blomme vergelyk.

'n Bloemlesing moet nie met die volledige versameling werke, of oeuvre van 'n skrywer verwar word nie.

Voorbeelde Enkele voorbeelde ter illustrasie: Groot verseboek: 'n bloemlesing uit die Afrikaanse poësie; Diederik Johannes Opperman; Nasionale Boekhandel; 1952; Karakters op ons vlaktes: 'n bloemlesing uit die prosawerk; Jochem van Bruggen; Afrikaanse pers-boekhandel; 1961 Afrikaanse verse: 'n bloemlesing; DF Malherbe en Felix Vincent Lategan; Nasionale Boekhandel; 1965; Driesprong: 'n bloemlesing uit die gedigte van Celliers, Totius en Leipoldt; Tafelberg; 1978;

Eksterne skakels

Kategorie:Letterkunde Kategorie:Poësie