duimnael|links|Max Immelmann in sy Fokker E.I Max Immelmann (21 September 1890 – Julie 1916) was 'n Duitse bobaasvlieënier van die Eerste Wêreldoorlog. Immelmann is in Dresden, Duitsland gebore. As kind kom hy na Suid-Afrika, en word in Uitenhage groot.

Hy keer terug na Duitsland en sluit aan by die Luftwaffe. Hy behaal op 1 Augustus 1915 sy eerste oorwinning in 'n Fokker Eindecker, ook die vliegtuig se eerste oorwinning.* Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. Hy behaal uiteindelik 15 oorwinnings aan die westelike front en word 'n volksheld. Met buitengewone toeval word hy in Julie 1916 deur kaptein George McGubbin, 'n Suid-Afrikaner en lid van die Britse Vliegkorps, neergeskiet.

Majoor Allister Miller is gekies om 'n krans op sy graf te lê.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verwysings

Kategorie:Duitsers in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Duitse militariste Kategorie:Duitse vlieëniers Kategorie:Luitenante Kategorie:Geboortes in 1890 Kategorie:Sterftes in 1916