duimnael|links|Sappi Kirkniemi, 'n fabriek in Finland Sappi is die algemene naam vir "South African Pulp and Paper Industries", 'n maatskappy wat papier, pulp en chemiese neweprodukte vervaardig. Die maatskappy is in 1936 in Suid-Afrika gestig en sy hoofkantoor is in Johannesburg. Hulle het aanvanklik begin met die vervaardiging van papier uit die strooi van mielies en koring en het later houtpulp gebruik. Sappi het onder andere fabrieke in Springs, Kaapstad, Ngodwana, Umkomaas en aan die Tugelarivier. Hulle het ook fabrieke in Noord-Amerika, Europa en Asië.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika; Eric Rosenthal; 1967

Eksterne skakels

Sappi se webtuiste Maatskappy se profiel op Yahoo.com

Kategorie:Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse sakeondernemings