Rolene Strauss (gebore 22 April 1992) is ’n skoonheidskoningin van Bloemfontein wat in 2014 as Mej. Suid-AfrikaOntmoet Mej. Suid-Afrika 2014, Rolene Strauss!, Huisgenoot, 30 Maart 2014Wit Afrikaner wen mej Suid-Afrika , PRAAG, 31 Maart 2014 en Mej. WêreldRolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014, Maroela Media, 14 Desember 2014 gekroon is. Sy is op Volksrust gebore en het haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Volksrust voltooi. Sy het haar mediese studie einde 2017 aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.

Geskiedenis Rolene het in 2000 op agtjarige ouderdom die kroning van Jo-Ann Strauss as Mej. Suid-Afrika beleef. Sy het gedroom van die dag wanneer sy self die kroon sou dra. Die twee skoonheidskoninginne is nie verwante familie nie.

In 2011 het sy onder die top vyf geëindig tydens die Mej. SA-wedstryd, maar Melinda Bam het die titel verower.

In 2014 was sy een van die 12 finaliste wat aan die werklikheidsreeks Pad na Mej. Suid-Afrika deelgeneem het. In Maart 2014 is sy in die Sun City Superbowl as Mej. Suid-Afrika gekroon. Sy het ’n platinumkroon en ’n prys van R1,3 miljoen gewen. In haar aanvaardingstoespraak het sy gesê sy gaan haar toespits op gesondheidsvraagstukke en bygevoeg: "Ons is tot soveel meer in staat wanneer ons gesond is, liggaamlik, verstandelik en emosioneel."

Sy het Suid-Afrika hierna in die Mej. Heelal 2014- en Mej. Wêreld 2014-wedstryde verteenwoordig. Op 14 Desember 2014 is sy in Londen, Engeland, as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Mej. Hongarye is as die eerste prinses en mej. Amerika as die tweede prinses aangewys. Sy het die kroon oorgeneem by Megan Young van die Filippyne.

Rolene is op 29 Maart 2015 deur Liesl Laurie opgevolg as Mej. Suid-Afrika en op 19 Desember van dié jaar deur Mej. Spanje, Mireia Lalaguna, as Mej. Wêreld.

Verwysings

Eksterne skakels Mej. SA se amptelike webtuiste

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Mejuffroue Wêreld Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle