Les Brodrick (19 Mei 1921 - 8 April 2013) was 'n vlugluitenant in die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hy was die 52ste persoon wat uit die Stalag Luft III kamp via die Harry-tonnel ontsnap het. Hy is saam met twee ander makkers gevang toe hulle in die bitter koue skuiling in 'n huis gesoek het wat vol Duitse soldate was. Sy twee makkers is tereggestel, maar Brodrick is teruggestuur na Stalag Luft III. Hy is op 8 April 2013 in KwaZulu-Natal oorlede. Ander Suid-Afrikaners wat saam met hom ontsnap het is Johannes Gouws en Roger Bushell.
Bron Klip in Hitler se skoen; Rapport; 30 Maart 2014
Kategorie:Britte in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Britse militariste Kategorie:Britse vlieëniers Kategorie:Luitenante Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 2013