Maniraptora ("handgrypers") is ’n klade Coelurosauria-dinosourusse wat die voëls asook die nie-vlieënde dinosourusse insluit wat nader verwant was aan voëls as aan Ornithomimus velox. Dit omvat die groot subgroepe Avialae, Deinonychosauria, Oviraptorosauria en Therizinosauria. Ornitholestes en die Alvarezsauroidea word ook dikwels ingesluit. Maniraptora het tydens die Jura-periode vir die eerste keer hul verskyning gemaak in die fossielrekord, en is ’n oorlewende groep wat uit sowat 10 000 spesies voëls bestaan.

Klassifikasie Die volgende kladogram volg die klassifikasie van Pascal Godefroit en sy kollegas in 2013.

Verwysings

Kategorie:Theropoda