Die reusebroodboom of natalbroodboom (Encephalartos natalensis) is 'n boom wat 4–5 m hoog kan word en baie soos die Oos-Kaapse reusebroodboom lyk.

Hierdie spesie is endemies aan Suid-Afrika en op die SANBI-rooilys as byna bedreig gelys. Die populasie het die laaste 60 jaar met ongeveer 30% afgeneem. Dit kom voor in KwaZulu-Natal van Vryheid tot by Qumbu en Tabankulu in die Oos-Kaap op berghange of berghellings.

Die boom se FSA-nommer is 10.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013. Plants of the World Online

Eksterne skakels

natalensis Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Broodbome Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika