Die kraalnaboom (Euphorbia tirucalli) is 'n boom wat eerder ronde as hoekige stingels het en het geen dorings nie. Hierdie spesie kan nie met ander nabome verwar word nie. Die boom se FSA-nommer is 355.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Verspreiding In Suid-Afrika is die plant inheems in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die boom kom veral voor in die stroomgebied van die Tugelarivier waar dit in bosveld groei. Daar word vermoed dat die plant gedurende die Ystertydperk uit Indië na Suider-Afrika gebring is. Buite Suid-Afrika is die boom inheems in Angola, Botswana, Burundi, Comore-eilande, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Indië, Kenia, Lakkadive-eilande, Madagaskar, Malawi, Maledive, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Pakistan, Rwanda, Soedan, Somalië, Sri Lanka, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

tirucalli Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Comore-eilande Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Indië Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van die Maledive Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Pakistan Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Sri Lanka Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe