Die Lebombo-ysterhout (Androstachys johnsonii) is 'n immergroen boom wat groot kan raak (20 m) en kom voor in klein, digte stande op klipperige plekke vanaf die noorde van KwaZulu-Natal tot in die suide van Zimbabwe en is ook inheems aan Madagaskar en Mosambiek. Die blare is leeragtig, teenoorstaande en hartvormig.

Die boom se FSA-nommer is 327.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Dit is die enigste spesie in die genus en Androstachys is dus 'n Monotipiese takson.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe