Die koorsbessie (Croton megalobotrys) is 'n middelgroot boom wat op vloedvlaktes in die Limpopo- en Zambezivalleie voorkom. Die spesie is inheems in Botswana, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Die boom kan tot 15 m hoog word, maar is gewoonlik slegs 5 meter hoog, met 'n kort, gebuigde stam en digte bladwisselende bedekking. Die blare is getand, hartvormig en silwergroen-en-harig, veral by jong bome. Die saadjies in die koorsbessie se vrugte is die gunstelingkos van die rooioogtortelduif.Birds of Botswana, Princeton Field Guides, , Princeton University Press, 2015, , , bls. 174

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Croton Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe