Die bosysterpruim (Drypetes gerrardii) is 'n klein boom (maksimum 8 m hoog, elders tot 20 m) wat algemeen noordwaarts vanaf Port St. Johns, KwaZulu-Natal en in die laeveld van Limpopo voorkom. In die Krugerwildtuin word dit op klipperige rante in die Lebomboberge noordwaarts van Nwanedzi-ruskamp aangetref, asook op rotsriwwe in die Punda Maria- en Pafurigebied.

Dit is ook inheems aan Angola, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Republiek die Kongo, Rwanda, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Dit kom in woude voor. Die stam is gegroef met stutwortels aan die basis van die stam.

Die boom se FSA-nommer is 314.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Subspesies Die boom het vier subspesies: Drypetes gerrardii var. angustifolia Radcl.-Sm. Drypetes gerrardii var. gerrardii Drypetes gerrardii var. grandifolia Radcl.-Sm. Drypetes gerrardii var. tomentosa Radcl.-Sm.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika gerrardii Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van die Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe