Die Manketti (Schinziophyton rautanenii) is 'n groot, bladwisselende boom wat 6 – 15 m hoog kan raak. Dit het handvormige saamgestelde blare. Dit lyk baie soos 'n klein kremetartboom. Die neute is eetbaar en gesog. Hierdie boom se FSA-nommer is 337.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/http://redlist.sanbi.org/species.php?species=609-1 In Afrikaans staan die boom gewoonlik bekend as spikkelhout. Dit staan ook as die Transvaal-okkerneut bekend. Die Tswana-naam vir die boom is mokongwa.
Dit is die enigste spesie in die genus Schinziophyton wat dit 'n monotipiese genus maak.
Die boom kom voor op die Suid-Afrikaanse lys van beskermde bome.
Verspreiding Die boom kom in bosveld voor en is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom dit in Limpopo voor.
duimnael|links|Boom se neute.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Landbouweekblad, 5 Mei 2022 Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe