Die pienkpapierkelk (Monotes engleri) is 'n klein tot middelgroot boom wat deel van die Dipterocarpaceae familie is. Die spesie kom voor in die miombo-bosveld in Angola, Malawi, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe. Hierdie boom se blare is breër as dié van die Geelpapierkelk. Die naam van die boom verwys na die kleur van die vrugte.
Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Plants of the World Online Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Monotes Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe