Giorgi Margwelasjwili (Georgies: გიორგი მარგველაშვილი; geb. 4 September 1969) is ’n Georgiese politikus wat vanaf 17 November 2013 tot 16 Desember 2018 as die land se president gedien het.
Hy het filosofie studeer en was twee keer rektor van die Georgiese Instituut van Openbare Betrekkinge. In Oktober 2012 het hy lid van die nuutgevormde kabinet van Bidzina Iwanisjwili geword as die minister van opvoeding en wetenskap. In Februarie 2013 is hy ook aangestel as eerste adjunk-premier. Margwelasjwili is in Mei 2013 deur die koalisie Georgiese Droom as presidentskandidaat aangewys en het in dieselfde jaar die Georgiese verkiesing met 62% van die stemme gewen. Hy is nie lid van enige politieke party nie.Margvelashvili Named as GD's Presidential Candidate. Civil Georgia. 11 Mei 2013. URL besoek op 11 Mei 2013.
Opvoeding en akademiese loopbaan Giorgi Margwelasjwili is in Tbilisi gebore as die seun van Teimoeraz Margwelasjwili, ’n ingenieur, en Mzeana Gomelaoeri, ’n sielkundige.Gelantia, Telara (15 Mei 2013). Financial declaration of "Georgian Dream" Presidential Candidate . PirWeli. Hy het in 1992 ’n graad in filosofie aan die Staatsuniversiteit van Tbilisi behaal. Hy het daarna in 1993–1994 aan die Sentraal-Europese Universiteit in Praag, Tsjeggië, en in 1993–1996 aan die Georgiese Akademie van Wetenskap studeer. In 1998 het hy ’n doktorsgraad in filosofie aan die Staatsuniversiteit van Tbilisi behaal.George Margvelashvili . Government of Georgia. URL besoek op 30 Maart 2013. Vroeg in die 1990's het hy as berggids by ’n reisagentskap gewerk en daarna by die Nasionale Demokratiese Instituut se kantoor in Tbilisi aangesluit.
Margwelasjwili was twee keer rektor van die Georgiese Instituut van Openbare Betrekkinge, van 2000 tot 2006 en van 2010 tot 2012. Tussen dié twee termyne was hy hoof van die instituut se navorsingsdepartement. Hy was in dié tyd ook gereeld ’n kommentator oor politieke en gemeenskapsake in Georgië.Ivanishvili's Incoming Cabinet. Civil Georgia. 16 Oktober 2012. URL besoek op 30 Maart 2013.
Politieke loopbaan Margwelasjwili het in 2012 ’n huishoudelike naam in Georgië gewordGiorgi Margvelashvili. Civil Georgia. 15 Oktober 2013 toe hy voor die verkiesing van November 2003 by die opposisieblok Boerdjanadze-demokrate aangesluit het. Hy was onder die eerste 10 kandidate van die blok.Burjanadze, Zhvania Offer Radical Changes. Civil Georgia. 22 Augustus 2003. URL besoek op 30 Maart 2013. Nadat bewerings van verkiesingsbedrog die Roosrewolusie tot gevolg gehad het, het die Boerdjanadze-demokrate met Micheil Saakasjwili se Verenigde Nasionale Beweging verenig en het Margwelasjwili die politieke toneel verlaat.
In 2008 het hy lid geword van die raad van adviseurs van die vorige parlementêre voorsitter, Nino Boerdjanadze, se Stigting vir Demokrasie en Ontwikkeling.Burjanadze Launches Foundation. Civil Georgia. 7 Julie 2008. URL besoek op 30 Maart 2013. Teen 2012 het hy Saakasjwili se regering gekritiseer. Hy het die Georgiese Droom-koalisie van Bidzina Iwanisjwili openlik gesteun, maar was nie regstreeks betrokke by die koalisie se verkiesingsveldtog nie.
Minister Ná die oorwinning oor Saakasjwili se party in Oktober 2012 het Iwanisjwili die premier van Georgië geword en is Margwelasjwili, wat deur haar as "’n persoonlike vriend" en "’n intellektueel" beskryf is,Education Minister to Become Deputy PM. Civil Georgia. 5 Februarie 2012. URL besoek op 30 Maart 2013 op 25 Oktober 2012 die minister van opvoeding en wetenskap geword. In Februarie 2013 het Iwanisjwili hom as eerste premier aangestel.
President duimnael|links|Die inhuldiging van pres. Giorgi Margewlasjwili, 17 November 2013. Op 11 Mei 2013 het die Georgiese Droom Margwelasjwili aangewys as sy presidentskandidaat vir die 2013-verkiesing. Iwanisjwili het gesê die besluit was eenparig.Georgian PM names pro-Western ally presidential candidate . Reuters. 11 Mei 2013. Margwelasjwili en Iwanisjwili het albei bewerings verwerp dat hy ’n marionet in die hande van ’n ryk premier is.Metreveli, Irakli (25 October 2013). Georgia's presidential favourite a knitting academic. Agence France-Presse. Hoewel hy nie wetlik verplig was nie, het Margwelasjwili bedank om, soos hy dit gestel het, bewerings te voorkom van die misbruik van administratiewe bronne tydens die verkiesingsveldtog. Op 18 Julie 2013 is hy deur Tamar Sanikidze as minister opgevolg.New Education Minister Takes Office . Civil Georgia. 18 Julie 2013.
Op 27 Oktober 2013 het Margwelasjwili die verkiesing met 62% van die stemme gewen.Georgia elections: Russia welcomes new president Giorgi Margvelashvili. The Daily Telegraph. 28 Oktober 2013. Ná die verkiesing het hy gesê die verbetering van bande met Europa sal die land se prioriteit bly en die regering sal probeer om spanning tussen Georgië en Rusland te verminder.'Europe is our choice' – Georgia's president-elect Margvelashvili . Euronews. 28 Oktober 2013.
Met Margwelasjwili se inhuldiging op 17 November 2013 het ’n nuwe grondwet in werking getree wat die president se mag verminder en die premier se mag vergroot het.Margvelashvili Sworn-in as New President. Civil Georgia. 17 November 2013. Hy is op 16 Desember 2018 deur Salome Zurabisjwili opgevolg.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Georgiese politici Kategorie:Adjunk-premiers Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Ministers van Wetenskap Kategorie:Presidente Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense