Ernst August (Latyn: Ernestus Augustus; 20 November 1629 – 23 Januarie 1698) was die Hertog van Brunswyk-Lüneburg en het oor die prinsdom Calenberg (met Hannover as hoofstad) regeer. Hy is as keurvors van Hannover aangestel, maar is oorlede voor die aanstelling in werking getree het. Hy was ook die prins-biskop van Osnabrück.
Diana, Prinses van Wallis was ’n afstammeling van hom, so ook alle Britse monarge van George I tot die huidige koningin, Elizabeth II.
Lewe Ernst August is op Herzberg am Harz gebore as die seun van Georg, die Hertog van Brunswyk-Lüneburg, en Anna Eleonore van Hesse-Darmstadt. In 1658 is hy in Heidelberg, Duitsland, getroud met Sophia van die Palts. As die vierde seun was die kans baie skraal dat hy sy pa as heerser sou opvolg en dus het sy familie hom in 1662 aangestel as prins-biskop van Osnabrück. Nadat twee van sy broers egter sonder kinders gesterf het, het Ernst August die gebied Calenberg van sy pa geërf.
In die Groot Turkse Oorlog het hy aan die kant van keiser Leopold I van die Heilige Romeinse Ryk geveg. In 1692 het die keiser hom aangestel as keurvors. Dit sou egter eers in 1708 in werking tree, en Ernst August is in 1698 oorlede. Hy is as hertog opgevolg deur sy seun Georg Lodewyk, wat later koning van Groot-Brittanje sou word.
Kinders
NaamGeboreOorledeNotasGeorg Lodewyk28 Mei 166011 Junie 1727 Hy het ná sy ma se dood die troonopvolger van Groot-Brittanje geword en koningin Anna van Groot-Brittanje opgevolg as koning George I. Friedrich August 3 Augustus 1661 31 Desember 1690 In ’n veldslag dood Doodgebore seun Februarie 1664Februarie 1664 Maximilian Wilhelm13 Desember 1666 16 Julie 1726 Doodgebore seun 13 Desember 1666 13 Desember 1666 Maximilian se tweelingbroer Sophie Charlotte30 Oktober 166821 Januarie 1705 Sy het getrou met koning Frederik I van Pruise Karl Philipp3 Oktober 166931 Desember 1690 In ’n veldslag dood Christian Heinrich 19 September 167131 Julie 1703 In ’n veldslag dood Ernst August 7 September 1674 14 Augustus 1728Hertog van York en Albany
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Duitse adel Kategorie:Geboortes in 1629 Kategorie:Sterftes in 1698 Kategorie:Huis van Hannover (Brittanje)