David Andrew Miller (gebore 10 Junie 1989 in Pietermaritzburg) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2014, 2016, 2021, 2022, 2024 en 2026, asook die Kampioenetrofeë in 2013, 2017 en die 2025 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.

Hy speel in die EDI's en Twintig20-wedstryde vir die Proteas. Hy het ook al tweekeer ingestaan as T20I-kaptein in Februarie 2019, toe Faf du Plessis – die gereelde kaptein – 'n ruskans gegun is.

Hy word in 2019 as T20-speler van die jaar aangewys.

Verwysings

Eksterne skakels

David Miller by ESPNcricinfo David Miller by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense