Portulacaceae is 'n familie van blomdraende plante. Die familie het voorheen omtrent 20 genera met 500 spesies omvat, maar daar is nou net een genera in die familie met omtrent 115 spesies. Hierdie spesies is hoofsaaklik kruidagtige plante en struike wat bykans reg oor die wêreld voorkom. Die grootste diversiteit is in die semi-droë streke van die Suidelike Halfrond in Afrika, Australië en Suid-Amerika.

Suid-Afrikaanse spesies Spekboom (Portulacaria afra) Wolftoon (Ceraria namaquensis) Gemsboksuring (Anacampseros telephiastrum)

Verwysings

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Eksterne skakels

Kategorie:Blomme Kategorie:Tuinplante