Dipterocarpaceae, die papierkelkfamilie, is 'n familie wat hoort tot die orde Malvales. Daar is 500 spesies wêreldwyd wat hoort tot die familie waarvan drie in Suider-Afrika voorkom en al drie is bome. Hierdie familie van houtagtige plante kom meesal in Suidoos-Asië voor.
Kenmerke Kenmerk aan die familie is dat al die spesies houtagtig is en die bas is geplooi in die mikke waar groot takke uitgroei. Die blare is enkelvoudig en spiraalsgewys gerangskik. Daar is 'n duidelike kolletjie op die hoofaar naby die basis waar die blaarsteel aan die blaarskyf aanheg.
Spesies wat in Suider-Afrika voorkom Geelpapierkelk Monotes glaber Pienkpapierkelk Monotes engleri
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Plantfamilies