Die wolftoon (Portulacaria namaquensis) is 'n klein boom wat onmiskenbaar is. Die boom het silwerige bas en klein, bladwisselende blaartjies wat in bondels op verdwergde takkies voorkom. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys. Dit kom voor in die Noord-Kaap (Richtersveld, Gordonia en Boesmanland) en ook in die suide van Namibië. Die boom se FSA-nommer is 104.1https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

duimnael|links|Wolftoon as 'n potplant

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Portulacaria Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika