Die assegaai (Curtisia dentata) is 'n mediumgroot boom wat in bergwoude van Afrika groei. Dit is redelik skaars tussen Kaapstad en die Soutpansberg, maar meer volop in die oostelike hooglande van Zimbabwe tot by die Gorongosaberg, asook Eswatini en Mosambiek.
Hierdie boom is die enigste spesie van die genus Curtisia. Die dentata ("getand") in die Latynse naam verwys na die kenmerkende tande op die blare van die assegaai. Die hout van die boom is in vroeër jare gebruik in die konstruksie van ossewaens.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe