Die Witteberg is 'n bergreeks geleë aan die suidelike Lesothogrens met Suid-Afrika. Dit strek van Lundeansnek tot by Lady Grey in die Oos-Kaap en vorm 'n deel van die uitgestrekte Drakensbergreeks wat vir etlike honderde kilometers oor Suid-Afrika strek. Riviere Die Sterkspruit, 'n sytak van die Oranjerivier, ontspring aan die noordelike hange van die Witteberg.

Galery

Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika

Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:Oos-Kaap