Outeniekwapark is ’n sportstadion in George, Suid-Afrika wat vir rugby en sokker gebruik word. Dit is die tuisveld van die Curriebekerspan die SWD Arende.
Die stadion bied sitplek aan 8 000 toeskouers en kan tot 12 000 toeskouers hanteer met tydelike pawiljoene. Vir nie-sportdoeleindes is daar plek vir tot 15 000 mense.
Die Japannese nasionale sokkerspan het tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in George tuisgegaan en Outeniekwapark as oefenveld gebruik.
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika