Die laeveldvy (Ficus stuhlmannii) is 'n boom en deel van die wurgvye. In Suid-Afrika is die spesie inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. In die res van Afrika is die boom inheems in Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die boom ontkiem op 'n gasheerboom hoog bokant die grond en stuur dan fyn wortels af grond toe. Die wortels word algaande sterker en verwurg uiteindelik die gasheerboom. Die blare het 'n opvallende netwerk van are en klein harige vruggies. Die boom se FSA-nommer is 65.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
stuhlmannii Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe