Die Groendoring (Balanites maughamii) is 'n beskermde boom in Suid-Afrika en die grootste in sy genus. Die spesie in inheems in Caprivistrook in Namibië, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika is die boom inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga.
Die boom groei in bosveld- en droë woudareas in warm, laagliggende gebiede noord van Durban tot in Beira, in die binneland in Limpopo en die suide van Zimbabwe asook die Zambeziriviervallei. Die boom staan in Zoeloe bekend as Ugobandlovu en in Engels, Torchwood.
Groendoring, 'n gemeenskap net buite Asab in die suide van Namibië is na die boom vernoem.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Verwysings
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Balanites Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe