Die Kaokogroendoring (Balanites angolensis) is 'n klein struikagtige boom wat inheems is in Angola, Botswana en Namibië. Die spesie het geelgroen blare.

Die subspesie B. a. welwitschii word soms as 'n aparte spesie beskou (B. welwitschii). In die Okondjatu Communal Area van sentraal-oos Namibië blyk dat dit 'n blaaispesie is wat minder voorkeur onder die bokke geniet. Dit het 'n ruproteïeninhoud van slegs 90,0 [g/kg] terwyl voorkeurspesies soos Acacia mellifera en Grewia flavescens waardes het van 248,3 en 177,1 [g/kg].

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Balanites Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië