Die lemoentjiedoring (Cassinopsis ilicifolia) is 'n immergroen klouterplant of 'n klein boompie wat tot 5 meter hoog en 5 meter breed kan word. Dit is 'n plant wat inheems is aan Eswatini, Lesotho, Suid-Afrika en Zimbabwe. Dit kom in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor en dit is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.
Die blare is glansend en teenoorstaande met getande rande. Die blommetjies is klein en daar is af en toe dorings. Die vruggies is sag en oranje wanneer ryp. Dit kan droogte en ryp weerstaan en kan in skadu of volson groei. Wildsbokke vreet die blare terwyl die vrugte deur voëls benut word.
Die vrugte is nie vir mense lekker nie, maar die sade van die vrugte is tradisioneel deur die Zoeloes as ornamente gedra. Hulle het ook die lemoentjiedoring se bas gebruik om 'n medisyne vir disenterie te maak.Lemoentjiedoring 'n moet vir voëlkyk-tuin, Die Bronberger, 29 Januarie 2013
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Cassinopsis Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe