duimnael|links|230px|Liberty of London duimnael|links|230px|Die afdelingswinkel se buitefasades en interieur is in 'n historiserende Tudorstyl (Tudor Revival) ontwerp duimnael|links|230px|Liberty se Kersfeeswinkel Liberty is 'n afdelingswinkel in Regent Street in die West End-winkeldistrik van Sentraal-Londen wat 'n wye reeks van luukse goedere aanbied, waaronder dames-, mans- en kindermodes, kosmetiek, toiletware en parfuum, juweliersware, huisware, meubels, skryfbehoeftes en geskenkartikels. Liberty staan veral bekend vir sy unieke ontwerpstyle met onder meer blomme- en grafiese patrone.

Die huidige afdelingswinkel word in 'n Tudor Revival-vakwerkhuis gehuisves wat in 1920 opgerig is - met die karakter en interieur van 'n groot privaat woning. Die winkelgalerye, wat deur 'n groot binnehof met mekaar verbind word, is eweneens ontwerp soos die vertrekke van 'n privaat woning, met loodglasvensters, venstersitplekke, vuurplekke met skoorstene en skeepshout wat bydra tot die intieme atmosfeer.

Op 19 Julie 2019 het die private beleggingsmaatskappy Bluegem bekendgemaak dat dit sy aandele van 40 persent in Liberty aan 'n groep beleggers onder leiding van Glendower Capital sal verkoop. Die afdeling se waarde is vir die transaksie as £300 miljoen bepaal - aansienlik meer as die bedrag van £32 miljoen wat Bluegem in 2010 daarvoor betaal het. Reeds in 2014 het Bluegem aandele aan Liberty aan families uit Europa en die Midde-Ooste verkoop wie se name nie bekendgemaak is nie.

Voor die oorname deur Bluegem het Liberty verliese gely. Onder Bluegem se regstreekse bestuur het die wins van byna nul in 2010 tot £25 miljoen in 2018 gestyg.Microsoft News - msn money, 19 Julie 2019: Liberty London sold to new owners in £300m deal. Besoek op 20 Julie 2019

Verwysings

Eksterne skakels The Culture Trip: The History Of Liberty Department Store In One Minute

Kategorie:Britse maatskappye Kategorie:Londen