Die waterboomheide (Erica afra) is 'n klein boom, soms 'n struik, wat in oewerhabitatte en aan woudrande groei en vanaf die Wes-Kaap tot in die Drakensberge van KwaZulu-Natal en Lesotho voorkom. Die boom se blomme lyk soos klokkies. Die boom se FSA-nommer is 572.
duimnael|links|Waterboomheide in Kirstenbosch.
Hierdie spesie is een van die 54 plantspesies wat deur Kaapse heuningbye, Apis mellifera capensis, as primêre nektar- en stuifmeelbronne gebruik word en in die Oos-Kaapprovinsie in 'n gebied waar fynbosplantegroei met grasveldgemeenskappe meng, bestudeer is.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van Erica-spesies
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
afra Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika