Die Kartweliese tale (Georgies: ქართველური ენები), ook Suid-Kaukasiese tale of Iberiese tale genoem, is ’n taalfamilie van die Kaukasus wat hoofsaaklik in Georgië gepraat word. Daar is ook groot groepe sprekers in Rusland, die Verenigde State, die Europese Unie, Israel Languages of Israel en die noordoostelike dele van Turkye. Ethnologue entry about the Kartvelian language family Daar is wêreldwyd sowat 5,2 miljoen sprekers van Kartweliese tale.
duimnael|links|Etniese kaart van die Kaukasus-streek Dit is nie verwant aan enige ander taalfamilie nie en is dus een van die wêreld se primêre taalfamilies. Dalby (2002), bl. 38 Die eerste bekende geskrif in ’n Kartweliese taal is ’n inskripsie van Abba Antoni by ’n Georgiese klooster naby Betlehem in die antieke Georgiese skrif. Lang (1966), bl. 154 Dit dateer uit 430 n.C. Asya Pereltsvaig, Languages of the World, bl. 74 Encyclopaedia Britannica, bl. 752 Merriam-Webster's Encyclopedia, bl. 646
Saam met die Noordoos-Kaukasiese tale en die Noordwes-Kaukasiese tale maak die familie deel uit van ’n groep van drie taalfamilies wat in die Kaukasus-taalgebied gepraat word; al drie taalfamilies toon egter geen onderlinge genetiese verwantskap nie. Hulle word veral uit geografiese redes onder die sambreelterm Kaukasiese tale saamgevat. Die Georgiese taalkundige Arnold Chikobawa het wel 'n Ibero-Kaukasiese taalfamilie voorgestel, alhoewel dit algemeen verwerp is.
Sprekers Die bekendste taal in die familie is Georgies. Dit word deur 90% van die inwoners van Georgië gepraat. Dit word in drie unieke Georgiese skrifte geskryf en is die enigste Kaukasiese taal wat ’n antieke letterkundetradisie het. Dit lyk of die ou Georgiese skrif van Aramees afgelei is, met Griekse invloede. Encyclopædia Britannica, 15de uitg. (1986): Macropedia, "Languages of the World".
Mingrelies word sedert 1864 in die Georgiese skrif geskryf – veral tussen 1930 en 1938, en weer vanaf 1989.
Die taal Laz in Turkye word meestal in die Latynse alfabet geskryf. Dit is egter aan die verdwyn omdat die Laz-sprekers al hoe meer in die Turkse hoofstroomgemeenskap opgeneem word.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Taalfamilies