Die 7’s Premierliga was ’n rugbykompetisie wat geskoei is op die formaat van die Indiese Premierliga-kriekettoernooi. Die eerste toernooi van hierdie kompetisie het op 14 en 15 Desember 2012 op Outeniekwapark in George plaasgevind.
Die toernooi het bestaan uit twaalf spanne wat met die steun van privaatbeleggers die lig gesien het.
Die idee agter die toernooi was om die rugbyunie van die Suidwestelike Distrikte, die Arende, ’n finansiële hupstoot te gee nadat die Suid-Afrikaanse been van die Internasionale Rugbyraad (nou Wêreldrugby) se internasionale sewesreeks na Port Elizabeth geskuif is en nadat die rugbyunie se beroepsarm in 2011 gelikwideer is.
Spanne Die twaalf spanne wat aan die in inleidingstoernooi deelgeneem het, was: 7’s Premierligaspanne Spannaam 2012 2013 Blou Bulle 6de Boland Kavaliers 8ste Eye of the Tiger 10de Cheetahs 2de 11de (gedeelde plek) Kaizer Chiefs 7de 7de (gedeelde plek) Kenya Shujaa 3de Goue Leeus 9de, Bakwenners Luiperds 9de, Bakwenners Living Ball 5de, Plaatwenners 5de, Plaatwenners Masakhane Old Boys 11de (gedeelde plek) Mighty Mohicans 12de Natalse Haaie 4de 6de NBM All Stars 3de Samurai Sevens 1ste, Bekerwenners 1ste, Bekerwenners SWD Arende 4de Unlimited Titans 2de Vikings 11de Westelike Provinsie 10de 7de (gedeelde plek)
Verwysings
Kategorie:Rugbykompetisies in Suid-Afrika