Die kleingroendoring (Balanites pedicellaris) is 'n skaars boom wat in droë bosveld en op die brakkerige vloedvlakte van die Sabierivier en die Limpopovallei noordoos van Punda Maria groei. Die boom se blare is liggroen en fluweelagtig en die dorings is groot en ongevurk.

Die boom is ook inheems aan Botswana, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe.

Die boom se FSA-nommer is 252.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Subspesies Daar is twee subspesies: Balanites pedicellaris subsp. pedicellaris Balanites pedicellaris subsp. somalensis (Mildbr. & Schltr.) Sands

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Balanites Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zimbabwe