Asab is 'n nedersetting in die ǁKaras-distrik in die suide van Namibië. Die plek se naam is 'n Nama woord wat "nuwe ding" beteken. Dit is op die B1-nasionale pad halfpad tussen Mariental en Keetmanshoop geleë. Sowat 23 km (14 myl) oos van Asab is die Mukurob-spits (Vinger van God) wat in 1988 ineengestort het.
Asab ressorteer onder die Berseba-kiesafdeling. Die dorpie beskik oor 'n vulstasie, winkel en 'n klein hotel, alhoewel nie een van hierdie besighede tans oop is nie. Vir die rede is die plek al as 'n spookdorp beskryf. Die Asab-spoorwegstasie is 'n halte op die TransNamib-lyn vanaf Windhoek na Keetmanshoop.
Ongeveer 3 km buite Asab is die Groendoring-gemeenskap wat na die Groendoringboom vernoem is. Die gemeenskap beskik oor 'n privaat kerk en 'n kleuterskool wat tans gesluit is.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Namibië