Die Kaapse hardepeer (Olinia capensis) is 'n boom en kom in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap, vanaf die Vredenburg-skiereiland tot die Kaapse Skiereiland en ooswaarts tot by die Keimond, voor. Dit is baie moeilik om hierdie boom en die Hardepeer uitmekaar te ken. By beide is die blare ellipties en 30 – 75 mm lank, glansend aan die bokant en dof aan die onderkant.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Olinia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika