Vernon Darryl Philander (gebore 24 Junie 1985 in Bellville, Kaapstad) is 'n uitgetrede Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy is 'n regterarm-bouler en veelsydige speler, en het voorheen sy land op senior en onder-19 vlak verteenwoordig. Hy speel vir die Kaapse Kobras in plaaslike Suid-Afrikaanse krieket.

Philander maak sy EDI-debuut op sy 22ste verjaarsdag, teen Ierland in Belfast. Hy neem 4 paaltjies vir slegs 12 lopies, wat die wedstryd vir die Proteas beklink het. Hy het onder meer tydens die T20I-wêreldbeker 2007 en Krieketwêreldbeker 2015 vir Suid-Afrika gespeel.

Hy is as die tweede beste bouler en derde beste veelsydige speler in die wêreld gereken deur die IKR (gedurende Mei 2013). Die beste bouler op daardie stadium was Dale Steyn en die beste veelsydige speler Jacques Kallis, beide Suid-Afrikaners.

Philander het Engelse graafskapskrieket gespeel, eers vir Middlesex in April en Mei 2008, Somerset in April en Mei 2012, en laastens vir Kent in Julie 2013. Hy het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig in Januarie 2020.

Toetskrieket Op 20 Desember 2013 neem Philander sy 100ste toetspaaltjie in die eerste toets teen Indië in Johannesburg. Vir sy persoonlike rekord bereik hy die 100-paaltjiemerk in slegs 19 toetswedstryde, die sewende vinnigste bouler ooit. Vroeër dieselfde dag het hy 'n ankerbeurt van 59 lopies (van 86 balle) met die kolf aangeteken, wat bewys het dat hy 'n puik veelsydige speler vir die Proteas was.

Rekords Vyf paaltjies per toetsbeurt Vyf paaltjies per beurt deur Vernon Philander geneem Nommer Syfers Wedstryd Teen Stad/Land Veld BegindatumUitslag 1 5-15 1 Kaapstad, Suid-Afrika Saharapark Nuweland 9 Nov 2011 Wen 2 5-70 2 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 17 Nov 2011 Verloor 3 5-53 3 Centurion, Suid-Afrika SuperSport-park 15 Des 2011 Wen 4 5-49 5 6-44 6 Hamilton, Nieu-Seeland Seddonpark 15 Mrt 2012 Wen 6 6-81 7 Wellington, Nieu-Seeland Basin Reserve 23 Mrt 2012 Gelykop 7 5-30 10 Londen, Engeland Lord's 16 Aug 2012 Wen 8 5-7 13 Kaapstad, Suid-Afrika Saharapark Nuweland 2 Jan 2013 Wen 9 5-59 15 Kaapstad, Suid-Afrika Saharapark Nuweland 14 Feb 2013 Wen

Beste vertonings van sy loopbaan soos op 25 Desember 2013 KolfBoulLopiesWedstrydPlekSeisoenBoulsyferWedstrydPlekSeisoenToetse74Suid-Afrika v PakistanCenturion20136-44Proteas v Nieu-SeelandHamilton2012EDI23Proteas v EngelandLeeds20084-12Proteas v IerlandBelfast2007Twintig20 Internasionaal6Proteas v EngelandKaapstad20072-23Proteas v BangladesjKaapstad2007Eersterangs168Westelike Provinsie v Griekwaland WesKimberley20047-61Kaapse Kobras v KnightsKaapstad2012A-lys79*Suid-Afrika A v Bangladesj AOos-Londen20114-12Proteas v IerlandBelfast2007Twintig-2056*Kaapse Kobras v Hoëveldse LeeusJohannesburg20075-17Kaapse Kobras v Natal DolfyneKaapstad2010

Verwysings

Eksterne skakels

Vernon Philander by CricketArchive Vernon Philander by Cricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense